Bookworms LuisterAfrikaanse stories · 2 tot 9 jaar
Hoor die storie. Sien elke woord.
Stories wat jou kind hoor én saamlees. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Geen kaart nodig nie · Daarna R49 per maand


1 / 12
Die storie laai…
Vir ouers
Sien wat maklik gaan, en wat nog oefening kan kry
Die speletjies ná elke storie wys vir julle, per kind, watter deel van lees goed gaan en waar julle saam kan oefen: woorde herken, beginklanke, letters binne-in woorde en woorde bou.
- ’n Wenk vir tuis by die deel wat nog oefening kan kry.
- Die woorde om weer te probeer.
- Dit is nie ’n toets nie. Jou kind sien net sterre.
MiaVoorbeeld11 speletjies gespeel
Woorde herken18 van 20 regGaan goed
Beginklanke13 van 15 regGaan goed
Letters binne-in woorde7 van 10 regKom reg
Woorde bou5 van 10 regOefen saam
Gaan die beste: Woorde herken.
Kan nog oefening kry: Woorde bou. Bou drie kort woorde uit vanaand se storie met yskasletters of op papier.
Woorde om weer te probeer: skilpad, vinnig, rivier
261 stories. 10 nuwes elke week.
Van Bybelstories en sprokies tot dinosourusse, die ruimte en Jakkals en Wolf.
Luister
Rustige stories, voorgelees in Afrikaans. Met ’n slaaptydmodus wat die skerm donker hou en self afskakel.
Lees saam
Elke woord lig op soos dit voorgelees word, sodat jou kind die woorde leer ken terwyl hy luister.
Speel ná die storie
Elke storie eindig met ’n woordspeletjie uit daardie storie: vind die woord, kies die letter of bou die woord, en verdien sterre.
Vir elke ouderdom
Kort stories vir kleuters van 2 tot 4, langer avonture vir kinders tot 9. Jy kies per kind.
Meer as net luister
Ná elke storie: ’n speletjie met die storie se woorde
Jou kind hoor ’n woord uit die storie wat pas klaar is, en moet dit self lees, vind of bou. Vier speletjies wat mekaar afwissel, met sterre vir elke rondte.
Vind die woord
Hoor die woord en tik dit tussen drie.
Eerste letter
Met watter letter begin die woord?
Letter wat weg is
Die woord het ’n gaping. Watter letter pas?
Bou die woord
Tik die letters in die regte volgorde.
Die antwoorde word nooit voorgelees nie. Jou kind lees dit self, en dís hoe luister lees word.
Begin gratis
Drie stories om te luister en saam te lees, sonder ’n kaart.
R49
per maand
R490
per jaar, omtrent 2 maande gratis
Al die stories, nuwes elke week. Kanselleer enige tyd.
Wil julle dadelik inteken? Skep ’n gratis rekening en kies “Teken nou in”. Het julle reeds ’n rekening? Dit is onder “My rekening”.
Vrae van ouers
Wat kos dit?
Drie stories is gratis, sonder ’n kaart. Daarna is dit R49 per maand of R490 per jaar vir al die stories. Jy kan enige tyd kanselleer.
Watter toestel het ons nodig?
Enige foon, tablet of rekenaar met ’n webblaaier en internet. Jy kan dit op jou tuisskerm sit, sodat dit soos ’n app oopmaak.
Is dit veilig vir my kind?
Die rekening behoort aan die ouer. Daar is geen advertensies nie, en ons stoor net jou kind se naam of bynaam en ouderdomsgroep.









