So begin die storie

Maandagoggend staan daar ’n nuwe dogtertjie voor in Juffrou Botha se klas. Sy het ’n geel rugsak wat sy met albei hande vashou, en sy kyk na haar skoene. “Klas,” sê Juffrou, “dit is Elodie. Sy en haar gesin kom van baie ver af, uit die Kongo. Sy praat Frans en Swahili, maar nog nie Afrikaans nie. Ons gaan haar help.”
Elodie kry die leë bank langs Sanri. Sanri glimlag vir haar. Elodie glimlag nie terug nie. Sy sit kiertsregop en kyk na die bord, waar Juffrou woorde skryf wat vir haar soos krapmerke moet lyk. Toe Juffrou ’n grappie maak en die hele klas lag, lag Elodie nie. Sy weet nie wat snaaks was nie.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








