So begin die storie

Heel in die begin was daar niks. Geen son nie. Geen bome nie. Geen diere en geen mense nie. Dit was donker en leeg, en oral was daar net water. Maar God was daar. En God het ’n plan gehad.
God sê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. Helder, mooi lig. God noem die lig “dag”. Die donker noem Hy “nag”. God kyk daarna, en Hy sien dit is goed. Dit was die eerste dag.
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








