So begin die storie

Dit is ’n sonnige oggend. Nandi stap buite op die gras. Toe sien sy iets op die grond. Dit is donker. Dit het twee bene en twee arms. Dit lyk nes sy! “Wie is jy?” vra Nandi.
Nandi lig haar arm. Die donker ding lig ook sy arm. Nandi spring. Die donker ding spring ook. Nandi skud haar kop. Hy skud ook sy kop. Hy doen alles wat sy doen!
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








