So begin die storie

Dewald gaan ’n hele week by Ouma Bets kuier. “Hoe lank is ’n week?” vra hy toe Mamma hom groet. “So lank soos al die dae wat daar is,” sê Mamma. “Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag, Vrydag, Saterdag en Sondag. Sewe dae. Wanneer hulle almal verby is, kom haal ek jou.”
In Ouma se kombuis hang ’n almanak met groot blokkies. “By my het elke dag sy eie werk,” sê Ouma. “So weet ek altyd watter dag dit is, al kyk ek nie na die almanak nie. Vandag is Maandag, en Maandag is wasdag.” Sy gee vir Dewald ’n rooi kryt. “Trek ’n kruisie deur vandag wanneer ons klaar is.”
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








