So begin die storie

In die dorpie Nasaret het ’n jong vrou met die naam Maria gewoon. Sy was verloof aan Josef, ’n timmerman. Een dag kom die engel Gabriël na haar toe. “Moenie bang wees nie, Maria,” sê hy. “God het jou genade bewys. Jy gaan ’n seun kry, en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal die Seun van die Allerhoogste genoem word.” Maria antwoord: “Ek is tot beskikking van die Here.”
In daardie tyd het keiser Augustus beveel dat al die mense in sy ryk getel moet word. Elkeen moes gaan na die dorp waar sy familie vandaan kom. Josef was uit die familie van koning Dawid, en Dawid se dorp was Betlehem. So moes Josef en Maria die lang pad aanpak, van Nasaret af tot in Betlehem. Maria se baba sou binnekort gebore word.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








