So begin die storie

In die dorp Kapernaum het ’n man gewoon wat nie kon loop nie. Hy was verlam. Dag ná dag het hy op sy slaapmat gelê en na die plafon gekyk. Hy kon nie werk nie, nie na die mark toe stap nie, nie eens self regop sit nie. Maar een ding het hy gehad: vier goeie vriende.
Een môre kom die vriende ingestorm. “Jesus is terug in die dorp!” roep hulle. “Hy is in ’n huis net hier naby. Hy maak siek mense gesond. Ons vat jou na Hom toe!” Elkeen gryp ’n hoek van die slaapmat. “Een, twee, drie… lig!” En daar gaan hulle, die straat af.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








