So begin die storie

As jy op ’n helder aand na die lug kyk, sien jy dalk ’n ster wat nie flikker nie en wat effens rooi gloei. Dit is nie ’n ster nie. Dit is Mars, ons buurplaneet. Mense kyk al duisende jare na daardie rooi liggie en wonder wat daar is. Niemand was nog ooit self daar nie. Maar ons het iets gestuur om namens ons te gaan kyk: robotte op wiele.
Mars is rooi omdat hy geroes het. Regtig. Die sand en klippe is vol yster, en yster wat roes, word rooibruin. Die hele planeet is toegepak onder roesstof, fyn soos meel. Wanneer die wind waai, styg die stof op, en dan is selfs die lug pienk. Partykeer woed daar stofstorms wat die hele planeet weke lank toemaak.
… Die storie het 20 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








