So begin die storie

Lara het al drie maande lank gespaar. In ’n koffieblik onder haar bed was daar tweehonderd-en-tien rand. Die rolskaatse in die sportwinkel se venster het vierhonderd-en-vyftig gekos. Hulle was pers, met wiele wat lig maak wanneer jy ry. Elke Saterdag het sy gaan kyk of hulle nog daar is.
Daardie Saterdag stap sy en haar ouboet Stefan winkels toe om brood en melk te koop. By die bushalte voor die apteek sien Lara iets onder die bankie lê. Dit is ’n bruin leerbeursie, oud en sag van baie jare se gebruik. Sy tel dit op. Dit is swaar.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








