So begin die storie

Daar was eendag ’n ou bokooi wat sewe bokkies gehad het. Sy was so lief vir hulle soos net ’n ma kan wees. Hulle het in ’n huisie aan die rand van die bos gewoon. Een oggend moes sy bos toe gaan om kos te soek. Sy roep al sewe bymekaar.
“My kinders,” sê sy, “ek gaan bos toe. Pasop vir die wolf. As hy hier inkom, vreet hy julle op met vel en haar. Hy is slinks, en hy sal hom anders voordoen. Maar julle sal hom ken aan sy growwe stem en sy swart pote.” “Ons sal oppas, Mamma,” sê die bokkies. En die ooi stap weg.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








