So begin die storie

Daar was eendag ’n arm weduwee met een seun, Jan. Hulle het in ’n klein huisie gewoon, en al wat hulle gehad het, was ’n koei met die naam Wittekop. Elke oggend het Wittekop melk gegee, en dit het hulle op die mark verkoop. Maar een oggend gee Wittekop geen druppel nie. “Daar is niks aan te doen nie,” sug Jan se ma. “Vat haar mark toe en verkoop haar.”
Jan was nog nie ver nie, toe kry hy ’n snaakse ou mannetjie langs die pad. “Dis ’n mooi koei,” sê die mannetjie. “Ek ruil haar vir hierdie vyf boontjies.” Jan lag. “Vyf boontjies vir ’n koei?” “Dit is towerboontjies,” sê die mannetjie. “Plant hulle vanaand, en môre groei hulle tot in die hemel.” Jan het van towergoed gehou. Hy ruil.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








