So begin die storie

In ’n huisie diep in die bos het drie bere gewoon. Daar was Pappa Beer, wat groot was en ’n growwe stem gehad het. Daar was Mamma Beer, wat middelmatig was en ’n sagte stem gehad het. En daar was Baba Beer, wat klein was en ’n piepstemmetjie gehad het. Elkeen het sy eie bak, sy eie stoel en sy eie bed gehad.
Een oggend kook Mamma Beer ’n pot pap vir ontbyt. Sy skep dit in die drie bakke, maar die pap is vuurwarm. “Kom ons gaan stap ’n entjie in die bos terwyl dit afkoel,” sê Pappa Beer. So trek hulle die deur agter hulle toe en stap weg tussen die bome. Hulle sluit nie die deur nie. Wie sou nou by bere kom inbreek?
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








