So begin die storie

Dit was ’n helder nag in die Karoo, en die volmaan het groot en geel bo die koppies gehang. Jakkals het langs die plaaspad gedraf met iets in sy bek. Dit was ’n ronde, geel kaas, wat hy by die boer se melkkamer “geleen” het. Jakkals leen dikwels goed. Hy bring dit net nooit terug nie.
By die plaasdam gaan sit hy om te eet. Maar hy het skaars een hap gevat, toe hoor hy swaar voete agter hom. Dit is Wolf. Wolf is groot en sterk en altyd honger, en hy ruik kaas van ’n myl af. “Naand, Jakkals,” sê Wolf, en hy lek sy lippe. “Wat het jy daar?”
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








