So begin die storie

Lank, lank gelede, toe die diere nog met mekaar gepraat het, het Volstruis nie gelyk soos vandag nie. Hy het ’n kort, dik nek gehad, nes ’n hoender s’n. Hy kon nie ver sien nie, en hy moes buk om alles te eet. Maar hy was tevrede. Hy het ’n vrou gehad vir wie hy lief was, en ’n nes vol eiers in die sand.
Volstruis en sy vrou het beurte gemaak om op die eiers te sit. Sy het in die dag gesit, want haar vere was vaalbruin soos die sand, en niemand kon haar sien nie. Hy het in die nag gesit, want sy vere was swart soos die donker. Dit doen volstruise vandag nog so. Maar in die nag wou Volstruis se vrou nie rus nie. Sy wou dans.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








