So begin die storie

Jakkals en Wolf het eendag saam langs die pad geloop toe hulle iets kry wat van ’n wa afgeval het. ’n Vaatjie. En in die vaatjie was botter, geel en vars. “Dis my vaatjie,” sê Wolf, “want ek het dit eerste gesien.”
“Maar ek het dit eerste geruik,” sê Jakkals. “Kom ons deel. En kom ons wees slim. As ons dit nou eet, is dit more op. Ons steek dit weg vir die winter, wanneer kos skaars is.” Wolf krap sy kop. Dit klink slim. Jakkals klink altyd slim. So begrawe hulle die vaatjie onder ’n doringboom en gaan huis toe.
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








