So begin die storie

Lank, lank gelede, toe die diere nog kon praat, het Reier ’n nek gehad so reguit soos ’n riet. Hy het langs die vlei gestaan, lank en grys en deftig, en almal het geweet hy is ’n voël wat dink voordat hy praat.
Nie ver van die vlei af nie het Duif haar nes gebou, hoog op ’n rotslys teen die krans. Daarin het sy vyf wit eiertjies gelê. Sy het hulle dag en nag warm gehou en saggies vir hulle gekoer: “Koer-koer, my kleintjies, koer-koer.”
… Die storie het 20 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








