So begin die storie

Buhle eet ’n snytjie brood met konfyt. Sy kyk na die sagte wit binnekant en die bruin korsie. “Mamma,” sê sy, “waar kom brood vandaan?” “Van die winkel af,” sê haar boetie. Mamma lag. “En waar kry die winkel dit? Brood het ’n lang pad geloop voordat dit op jou bord kom. Dit begin op ’n plaas, met ’n saadjie so klein dat dit op jou vingernael pas.”
“Die saadjie se naam is koring. In die Swartland, naby Kaapstad, wag die boere elke jaar vir die eerste herfsreën. Wanneer die grond nat is, ry hulle met groot planters oor die lande en saai die koring in lang, reguit rye. Miljoene saadjies gaan die grond in. Dan moet die boer wag. Die reën moet die res doen.”
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








