So begin die storie

Dit het lank nie gereën nie. Die gras op die plaas is geel en kort. Die grond het krake in, soos ’n legkaart. Die dam is net ’n kolletjie modder. Rika stap saam met Pa oor die werf. Stof staan op om hulle voete.
Die koeie staan by die hek. Hulle is maer. Hulle kyk vir Pa met groot oë. Pa gooi vir hulle voer uit die sak. Dit is amper op. “Wanneer reën dit, Pa?” vra Rika. Pa kyk op na die blou lug. “Ek weet nie, my kind.”
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








