So begin die storie

Op die plaas Soetwater in die Karoo is daar net een ding wat belangriker is as die skape, en dit is die windpomp. Hy staan op die bult agter die huis, ’n hoë ystertoring met ’n wiel vol lemme bo-op. As die wind waai, draai die wiel, en by elke draai kom daar ’n straaltjie water uit die pyp, klonk, in die sementdam. Sonder daardie water is daar geen plaas nie.
Marli is nege, en sy ken die windpomp se geluid soos sy haar ma se stem ken. Kier-klonk. Kier-klonk. Sy raak snags daarby aan die slaap. Dit beteken alles is reg. Die dam word vol. Die skape het water. Die groentetuin sal môre natgelei word.
… Die storie het 20 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








