So begin die storie

Dit is vroeg op die plaas. Die haan kraai. Koekelekoe! In die hoenderhok word Henna wakker. Henna is ’n bruin hen met ’n rooi kammetjie. Sy skud haar vere reg. Vandag het sy ’n belangrike werk.
Henna stap uit in die son. Sy krap in die grond. Krap, krap, krap. Sy kry ’n mieliepit. Pik! Sy kry ’n wurm. Pik! Sy drink ’n slukkie water en lig haar kop op. So drink ’n hen.
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








