So begin die storie

In Februarie ruik die hele Langkloof na appels. Karla word wakker van die trekker wat buite dreun, lank voor die son op is. Vandag begin die oes. En vanjaar, het Pa belowe, is sy groot genoeg om te help. Sy trek haar ou stewels aan en haar breërandhoed, en sy hardloop boord toe met Polla die hond op haar hakke.
Die boord lê in lang reguit rye teen die heuwel. Die bome hang swaar van die appels: rooies, geles, en groenes met ’n pienk blos. Tussen die rye staan die plukkers al gereed, elkeen met ’n pluksak om die skouers. Party kom elke jaar van ver af vir die oes. Hulle groet vir Karla soos ’n ou vriend.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








