So begin die storie

Op Oupa se plaas in die Karoo staan ’n donkiekar. Hy is van hout, met twee groot wiele en ’n bankie voor. En voor die kar staan Bakkies. Bakkies is ’n grys donkie met ’n wit neus en lang, sagte ore.
Vandag ry Faan saam. Oupa lig hom op die bankie. “Hou vas,” sê Oupa. Hy klap met sy tong. “Kom, Bakkies.” Bakkies flap een oor. Toe begin hy stap. Klip-klop, klip-klop. Die wiele kraak. Die kar skud.
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








