So begin die storie

Meer as duisend jaar gelede, in die warm noorde naby die Limpoporivier, eet ’n bobbejaan ’n vrug. Hy spoeg die pitte uit en loop verder. Een pit rol tussen twee klippe in. Daardie somer reën dit goed. En die pit begin groei.
Eers is dit net ’n dun stokkie met ’n paar blaartjies. Enige bokkie kon dit afgebyt het. Maar die klippe steek dit weg. Jaar na jaar stoot die boompie sy wortels dieper in die rooi grond. Hy het geen haas nie. ’n Kremetart het al die tyd in die wêreld.
… Die storie het 20 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








