So begin die storie

In die verre noorde van Suid-Afrika, waar die land aan Botswana en Namibië raak, lê die Kalahari. Dit is ’n wêreld van rooi sandduine, geel gras en kameeldoringbome. In die somer word dit bedags meer as veertig grade. Die sand word so warm dat jy nie kaalvoet daarop kan staan nie. In die middel van die dag lyk dit of hier niks leef nie.
Maar die Kalahari slaap nie. Hy wag. Die meeste diere hier kruip bedags weg vir die hitte, in gate onder die grond of in die skaduwee van ’n boom. So spaar hulle water, want water is hier skaarser as enigiets anders. Party kry al die water wat hulle nodig het uit hulle kos, en drink maande lank nie ’n druppel nie. Hulle werkdag begin eers wanneer die son sak. Kom ons bly vannag wakker en kyk wie uitkom.
… Die storie het 20 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








