So begin die storie

Dit is middag in die Krugerwildtuin, en onder ’n maroelaboom lê ’n hoop leeus. Hulle lê oor mekaar, pote in die lug, sterte wat lui teen die vlieë swaai. As jy nou verbyry, sal jy dink leeus doen niks anders as slaap nie. Jy sal amper reg wees. ’n Leeu rus tot twintig uur per dag. Maar wag tot die son sak.
Die leeu is die enigste groot kat wat in ’n groep leef. Luiperds, jagluiperds en tiere loop alleen. Leeus woon in ’n trop. Hierdie trop het vyf wyfies, wat almal familie van mekaar is: ma’s, dogters, susters en niggies. Daar is sewe welpies. En daar is twee groot mannetjies, twee broers, met donker maanhare.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








