So begin die storie

Vroeg in die oggend stap ’n ry olifante deur die Krugerwildtuin. Heel voor loop ’n ou koei met lang, krom tande en ’n oor waaruit ’n hap makeer. Sy is meer as vyftig jaar oud. Agter haar kom haar susters, haar dogters, haar kleindogters en ’n paar kalfies wat onder hulle ma’s se mae deur draf. Sy is die ouma van die trop. Almal volg haar.
’n Olifanttrop is ’n familie van wyfies. Die oudste en wysste koei is die leier. Sy word die matriarg genoem. Sy besluit wanneer die trop loop en wanneer hulle rus, waar hulle eet en waar hulle drink. Sy het nie die grootste tande of die sterkste lyf nodig nie. Sy het iets beters: sy onthou.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








