So begin die storie

Die kampplek by Kareedrif lê langs ’n rivier wat die meeste van die jaar net ’n breë strook wit sand is, met hier en daar ’n poel. Nandi en haar neef Wikus kamp elke Desember daar saam met die hele familie. Hulle ken elke klip.
Die eerste aand hou oom Sarel, die kampopsigter, sy praatjie by die vuur. “Onthou die klok,” sê hy en wys na ’n ou plaasklok wat aan ’n paal hang. “As julle hom ooit hoor lui, los alles en loop boontoe, na die klipkoppie toe. Die rivier kan afkom.”
… Die storie het 20 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








