So begin die storie

Aan die einde van elke jaar, net voor die groot vakansie, hou Laerskool Kiepersol sy konsert. Dit is die grootste aand van die jaar. Die saal word versier, die oumas kom van ver af, en elke kind van graad een tot graad drie kry ’n rol. Hierdie jaar was die konsert “Die Nag toe die Maan Verdwyn het”.
Miems wou die Maan wees. Die Maan het ’n silwer rok en ’n lied heeltemal alleen. Sy het drie weke lank voor die spieël geoefen. Toe plak Juffrou Gerda die lys teen die deur. Maan: Anika. Sterre: tien kinders. Uil: Sibu. En heel onder: Boom: Miems.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








