So begin die storie

Vandag is die laaste dag van die jaar. Môre begin ’n splinternuwe jaar. “Vanaand,” sê Pappa, “mag julle laat opbly. Tot middernag.” Corlia en Wimpie kyk vir mekaar. Middernag! Hulle was nog nooit so laat wakker nie.
Die hele familie kom kuier. Oupa en Ouma. Tannie Truida met die baba. Die neefs en niggies. Pappa maak die braaivleisvuur aan. Die rook trek op in die warm somerlug. Die krieke begin sing. Dit ruik na wors en tjops.
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








