So begin die storie

Emma se niggie Sophie het van Engeland af kom kuier. Dit was haar eerste Kersfees in Suid-Afrika, en sy het haar dikste trui ingepak. “Hoekom?” vra Emma, toe Sophie dit uit haar tas haal. “Vir Kersfees, natuurlik. Dis mos koud met Kersfees. Daar is sneeu. Ons drink warm sjokolade by die kaggel.” Emma begin lag. Toe sien sy Sophie lag nie saam nie.
“Sophie,” sê sy, “kom kyk by die venster uit.” Buite bak die son. Die gras is groen, die jakarandas staan vol blare, en die swembad blink blou. Die sonbesies skree in die bome. “Hier is Kersfees in die somer,” sê Emma. Sophie staar. “Maar … hoe?”
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








