So begin die storie

Dit is Paasoggend by Ouma se huis. Die son skyn. Die gras is nog nat van die dou. Wilmie staan op die stoep met haar mandjie. Langs haar staan Kleinsus, met ’n kleiner mandjie. Iewers in die tuin is daar paaseiers weggesteek!
“Reg … gereed … soek!” roep Ouma. Wilmie hardloop. Haar kaal voete word nat. Sy kyk onder die roosbos. Daar blink iets! ’n Rooi eiertjie, toegedraai in blink papier. Een eier in die mandjie.
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








