So begin die storie

Jesus het eendag ’n storie vertel van ’n pa met twee seuns. Hulle het op ’n groot plaas gewoon, met landerye, vee en baie werkers. Die oudste seun was ’n harde werker wat altyd gedoen het wat van hom gevra word. Die jongste was anders. Hy het oor die heining gekyk en gewonder wat daar anderkant die berge is.
Een dag kom die jongste seun na sy pa toe. “Pa, eendag as Pa nie meer daar is nie, kry ek my deel van die plaas. Ek wil nie wag nie. Gee dit nou vir my.” Dit was ’n harde ding om te sê. Dit was amper soos om te sê: ek wens Pa was al dood. Maar die pa het nie geraas nie. Hy het sy goed tussen sy twee seuns verdeel.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








