So begin die storie

Die son het pas oor die See van Galilea opgekom. Op die strand het vier vissermanne hul nette gewas, moeg en stil. Simon en sy broer Andreas, en Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus. Hulle het die hele nag lank gewerk, en hulle het nie een enkele vis gevang nie. Die mandjies in die bote was dolleeg.
Toe hoor hulle stemme. Daar kom ’n groot skare mense langs die water af, en voor hulle stap Jesus. Die mense wou so graag hoor wat Hy oor God sê dat hulle Hom al nader aan die water druk. Netnou staan Hy met sy voete in die see! Jesus sien die twee bote wat daar op die sand lê.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








