So begin die storie

In die dae van die rigters was daar hongersnood in die land. ’n Man van Betlehem, Elimeleg, het met sy vrou Naomi en hulle twee seuns weggetrek na die land Moab, waar daar kos was. Maar daar het Elimeleg gesterf. Die twee seuns het met vroue van Moab getrou, Orpa en Rut. En ná omtrent tien jaar het albei die seuns ook gesterf.
Naomi het alleen oorgebly, sonder man en sonder kinders, in ’n vreemde land. Toe hoor sy dat die Here weer vir sy volk brood gegee het. Sy maak haar reg om terug te gaan na Betlehem. Haar twee skoondogters stap saam met haar. Maar op die pad gaan Naomi staan.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








