So begin die storie

Dit is aand, en Naledi sit op die stoeptrappie met haar ken op haar knieë. Voor haar sak die son agter die bloekombome. Hy is groot en oranje, soos ’n perske. Hy sak al hoe laer, tot net ’n dun strepie oor is. Toe is hy weg. “Mamma,” vra Naledi, “waar gaan die son snags heen? Gaan slaap hy ook?”
Mamma kom sit langs haar. “Dit lyk so, nè? Dit lyk of die son elke aand agter die bome gaan lê. Baie lank gelede het mense ook so gedink. Party het geglo die son ry in ’n goue wa deur die lug en gaan saans huis toe.” “En is dit nie so nie?” “Nee,” sê Mamma. “Die son gaan nêrens heen nie. Dit is óns wat beweeg.”
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








