So begin die storie

Dit is nog donker toe Oupa Hendrik vir Sifiso wakker maak. “Trek warm aan,” fluister hy. “Vandag gaan ons vlieg.” Sifiso dink hy droom. Maar ’n uur later staan hulle in ’n veld aan die voet van die Magaliesberg. Die gras is wit van die dou. En op die grond lê ’n reuse-stuk lap, rooi en geel, so groot soos ’n rugbyveld.
Die vlieënier is ’n vrou met ’n leerbaadjie en ’n lang vlegsel. “Ek is Marlene,” sê sy. “En jy is my helper.” Twee mans hou die bek van die ballon oop. ’n Groot waaier blaas koue lug in. Stadig begin die lap asemhaal. Dit swel. Dit rol. Dit word ’n berg van kleur wat op sy sy lê.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








