So begin die storie

Eendag het daar baie mense na Jesus kom luister. Party van hulle was mense van wie niemand gehou het nie. Hulle het verkeerde dinge gedoen, en die ander het vir hulle weggekyk. Die godsdienstige leiers het daaroor gebrom. “Hierdie man ontvang sondaars,” het hulle gesê, “en Hy eet selfs saam met hulle!” Jesus het hulle gehoor. Toe vertel Hy vir hulle ’n storie.
“Daar was ’n herder,” sê Jesus, “wat honderd skape gehad het.” Honderd skape is baie. Maar ’n goeie herder ken elkeen. Hy weet watter een mank loop en watter een altyd voor wil wees. Hy weet watter ooi se lam die stoutste is. Vir ander mense lyk skape dalk almal eenders. Vir die herder nie.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








