So begin die storie

Zuzu is ’n jong heuningby, en vandag is die belangrikste dag van haar lewe. Vandag vlieg sy vir die eerste keer uit om nektar te gaan haal.
Tot nou toe het sy net binne die korf gewerk. Sy het die selletjies skoongemaak. Sy het die babas gevoer. Sy het by die deur wag gestaan en vir elke by gevra: “Ruik jy soos ons?” Maar nou is sy drie weke oud, en vir ’n by is dit groot genoeg. “Onthou,” sê ou Tannie Gonsie, “soek die blomme met die soetste reuk. En kom vertel ons waar hulle is.”
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








