So begin die storie

Lank gelede het die volk Israel in Egipte gewoon. Hulle was nie vry nie. Die koning van Egipte, die farao, het hulle hard laat werk. Hulle moes stene maak en groot stede bou, van die oggend tot die aand. Maar hoe harder hulle gewerk het, hoe meer het hulle geword, en dit het die farao bang gemaak.
“Daar is te veel van hulle,” het die farao gesê. “Netnou is hulle sterker as ons.” Toe gee hy ’n verskriklike bevel: geen babaseuntjie van Israel mag bly leef nie. Oral in die land was die ma’s en pa’s se harte seer. Hulle het hulle babas styf vasgehou en gebid dat God hulle sal help.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








