So begin die storie

Die graad drie’s van Laerskool Rietvlei is op kamp, en vandag is die groot dag: die skattejag. Juffrou Dlamini deel die klas in pare. Lwazi en Anri kry ’n kaart, ’n potlood en ’n ronde ding met ’n glasdeksel. “Wat is dit?” vra Lwazi. “’n Kompas,” sê Juffrou.
“Voordat julle begin, moet julle die vier windrigtings ken,” sê Juffrou. “Noord, oos, suid en wes. Wie weet waar die son soggens opkom?” Anri wys na die bult waar die son vanoggend uitgekom het. “Reg. Die son kom op in die ooste. En saans gaan hy onder aan die ander kant, in die weste.”
… Die storie het 20 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








