So begin die storie

Tossel is ’n klein rooikat. Hy het ’n rooibruin pels en groot goue oë. En op die punt van elke oor staan ’n swart klossie hare regop, soos ’n kwassie. Hy woon saam met sy ma tussen die rotse van ’n koppie.
Tossel se ma is die beste springer in die veld. Sy kan uit die gras opskiet, hoog in die lug, hoër as ’n mens se kop. Daar bo vang sy ’n voël met haar voorpote, en land weer op al vier haar voete. Tossel kyk met oop mond.
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








