So begin die storie

Tannie Dina van Waaihoek was op een ding trotser as op enigiets anders: haar wasgoed. Dit was die witste wasgoed in die dorp. Elke Maandag het sy dit opgehang, van groot na klein, met die pennetjies presies ewe ver uitmekaar. Die bure het soms oor die heining kom kyk, net om te sien hoe dit gedoen word.
Daardie Maandag in Augustus was die wasgoedmandjie ekstra vol. Daar was Oom Kobus se ses hemde. Daar was die lakens, die tafeldoek met die geborduurde rose, en Oom Kobus se rooi onderbroek met die wit kolle, wat hy op sy verjaarsdag gekry het en waaroor niemand mag praat nie. Tannie Dina hang alles op en gaan in om tee te maak.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








