So begin die storie

Op die plaas Doringkloof is daar een koue nag ’n lammetjie gebore wat te klein was. Sy ma wou hom nie hê nie. Oom Krisjan het hom in sy baadjie toegedraai en huis toe gedra. In die kombuis, in ’n kartondoos by die stoof, het Dolla die skaaphond pas vyf kleintjies gekry. “Skuif op,” sê oom Krisjan, en hy sit die lammetjie tussen die hondjies neer.
Dolla het aan hom geruik. Hy het snaaks geruik. Hy het snaakse voete gehad. Maar hy was klein en koud, en Dolla was ’n goeie ma. Sy het hom skoongelek, van sy neus tot sy stert, en hom tussen haar kleintjies ingestoot. So het Wolletjie grootgeword: met vyf broers en susters wat blaf.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








