So begin die storie

Op Oom Frik se plaas was daar twintig koeie. Negentien van hulle het gedoen wat koeie doen. Hulle het gras gekou, hulle sterte geswaai en na niks in die besonder gekyk nie. Die twintigste koei was Bella. En Bella het na die swaeltjies gekyk. Elke dag sien sy hoe hulle oor die kamp duik en draai. Op en af. Vinnig en lig.
“Ek wil ook vlieg,” sê Bella een oggend. Die ander koeie hou op kou. Dit het nog nooit gebeur nie. “Koeie vlieg nie,” sê ou Rosie. “Koeie staan.” “Het iemand al probeer?” vra Bella. Niemand het nie.
… Die storie het 12 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








