So begin die storie

Op die dorpie Prieska hou hulle elke jaar ’n skou, en elke jaar wen Tannie Hester die prys vir die grootste pampoen. Sewe jaar agtermekaar. Sy het ’n hele rak vol bekers. Oupa Sakkie, wat langsaan woon, het al sewe jaar lank tweede gekom. Hy het ’n hele rak vol niks.
“Hierdie jaar,” sê Oupa Sakkie vir sy kleinseun Henro, “gaan dit anders wees.” Hy het ’n pampoenpit in ’n vuurhoutjiedosie. “Hierdie pit kom van ’n man in die Vrystaat wie se pampoen ’n hele bakkie gebreek het.” Hulle plant die pit agter die hoenderhok, waar die grond die vetste is.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








