So begin die storie

Tannie Miems het ’n bok gehad met die naam Japie. Japie was wit, met ’n sikbaardjie, twee krom horinkies en ’n maag sonder ’n boom. Tannie Miems het hom gekry om die gras kort te hou. Dit sou baie goed gewerk het, as Japie net van gras gehou het. Maar gras was vir Japie vervelig. Japie het van ander goed gehou.
Dit het begin by die wasgoeddraad. Tannie Miems het een Maandag haar wasgoed opgehang en gaan tee drink. Toe sy terugkom, hang daar ’n ry halwe goed. ’n Halwe vadoek. ’n Halwe kussingsloop. Een sokkie sonder ’n toon. En onder die draad staan Japie en kou ingedagte aan die mou van haar beste bloes. “Japie!” skree Tannie Miems. Japie sluk. Weg was die mou.
… Die storie het 14 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








