So begin die storie

Op die dorpie Loeriesfontein in die Karoo woon ’n man wat alles kan regmaak, behalwe die goed wat hy self gemaak het. Sy naam is Oom Giel. Hy het ’n grys snor soos ’n besem, ’n oorpak met sewe sakke, en ’n motorhuis waarin daar al dertig jaar lank geen motor meer pas nie. Dit is te vol uitvindsels.
Daar is die sambreel met die ingeboude waaier, vir warm reëndae. Daar is die skoene met veertjies in die sole, wat hy nie meer mag dra nie vandat hy oor die dominee se heining gespring het. Daar is die outomatiese hoendervoerder, wat so goed gewerk het dat die hoenders nou te vet is om in die hok te kom. “’n Uitvindsel is nooit verkeerd nie,” sê Oom Giel altyd. “Hy is net nog nie klaar nie.”
… Die storie het 20 bladsye. Elke woord lig op soos dit voorgelees word.
Luister na die hele storie, gratis








